Prion

Prionsiektes

'n Prion is 'n foutiewelik gevoude proteïen wat oor die vermoë beskik om die foutiewelik gevoude vorm daarvan op of na normale variasies van dieselfde proteïen te transmitteer. Die proteïene kom voor by verskeie noodlottige en oordraagbare neuro-degeneratiewe siektes in mense en ander diere.[1] Die oorsaak van die proteïen se foutiewelike invouing is nie bekend nie, maar daar word vermoed dat die abnormale tersiêre (driedimensionele) Proteïenstruktuur aansteeklike eienskappe oordra, wat nabygeleë proteïenmolekules in dieselfde vorm laat invou. Die woord prion kom van "proteïnase aansteeklike deeltjie".[2][3][4] Die veronderstelde rol van 'n proteïen as 'n aansteeklike agent staan in kontras met alle ander bekende aansteeklike agente soos virusse, bakterieë, swamme en parasiete, wat almal nukliënsure bevat (DNS, RNS of albei).

Prion variante van die prionproteïen (PrP), waarvan die spesifieke funksie onseker is, word voorgehou as die oorsaak van oordraagbare sponsagtige enkefalopatie (TSEs),[5] insluitende scrapie in skape, Sponsagtige beesenkefalopatie (BSE) in beeste (algemeen bekend as "malkoeisiekte") en Creutzfeldt–Jakob-siekte (CJD) in mense. Alle bekende prionsiektes in soogdiere affekteer die struktuur van die brein of ander neurale weefsel; almal is progressief, met geen bekende effektiewe behandeling nie en altyd dodelik.[6] Tot 2015 is gedink dat alle bekende prion-siektes wat soogdiere affekteer veroorsaak word deur die prion-proteïen (PrP); In 2015 is daar egter gevind dat veelvuldige stelselatrofie (MSA) oordraagbaar is en is daar voorgestel dat dit veroorsaak word deur 'n prionvorm van alfa-synukleïn.

'n Prion vorm abnormale opeenhopings proteïene wat amiloiëde genoem word, en wat versamel in geïnfekteerde weefsel en geassosieer word met weefselskade en selsterftes.[7] Amiloïde is ook verantwoordelik vir verskeie ander senuwee-degeneratiewe siektes soos Alzheimer se siekte en Parkinson se siekte.[8] Prion opeenhopings is stabiel, en hierdie strukturele stabiliteit beteken dat prione weerstandig is teen denaturasie deur chemiese en fisiese stowwe: dit kan nie vernietig word deur gewone disinfeksie of die kook daarvan nie. Dit bemoeilik die verwydering van hierdie deeltjies.

'n Prionsiekte is 'n tipe proteopatie, of siekte van struktureel abnormale proteïene. Daar word geglo dat 'n prion in mense die oorsaak is van Creutzfeldt–Jakob-siekte (CJD), die variant daarvan (vCJD), Gerstmann–Sträussler–Scheinker sindroom (GSS), noodlottige slaaploosheid (FFI) en die kuru siekte.[2] Daar bestaan ook bewyse wat suggereer dat prione 'n rol speel in die proses van Alzheimer se siekte, Parkinson se siekte en amiotropiese laterale sklerose (ALS), en die term prion-tipe siektes word al aan die siektes toegedeel.[9][10][11][12] Verskeie gisproteïene is ook geïdentifiseer wat beskik oor prion-genetiese eienskappe. Prion kopiëring is net soos ander vorme van kopiëring onderhewig aan epimutasie en natuurlike seleksie, en die struktuur daarvan verskil effens tussen spesies.  [13]

  1. "Prion diseases". Diseases and conditions (in Engels). National Institute of Health. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020.
  2. 2,0 2,1 "Prion diseases" (in Engels). United States Centers for Disease Control and Prevention. 3 Mei 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020.
  3. "What Is a Prion?". Scientific American. Besoek op 15 Mei 2018.
  4. "Prion infectious agent".. 
  5. Prusiner SB (Junie 1991). "Molecular biology of prion diseases". Science. 252 (5012): 1515–22. Bibcode:1991Sci...252.1515P. doi:10.1126/science.1675487. PMID 1675487.
  6. Prusiner SB (November 1998). "Prions". Proceedings of the National Academy of Sciences of the United States of America. 95 (23): 13363–83. Bibcode:1998PNAS...9513363P. doi:10.1073/pnas.95.23.13363. PMC 33918. PMID 9811807.
  7. Dobson CM (Februarie 2001). "The structural basis of protein folding and its links with human disease". Philosophical Transactions of the Royal Society of London. Series B, Biological Sciences. 356 (1406): 133–45. doi:10.1098/rstb.2000.0758. PMC 1088418. PMID 11260793.
  8. Irvine GB, El-Agnaf OM, Shankar GM, Walsh DM (2008). "Protein aggregation in the brain: the molecular basis for Alzheimer's and Parkinson's diseases". Molecular Medicine. 14 (7–8): 451–64. doi:10.2119/2007-00100.Irvine. PMC 2274891. PMID 18368143.
  9. Laurén J, Gimbel DA, Nygaard HB, Gilbert JW, Strittmatter SM (Februarie 2009). "Cellular prion protein mediates impairment of synaptic plasticity by amyloid-beta oligomers". Nature. 457 (7233): 1128–32. Bibcode:2009Natur.457.1128L. doi:10.1038/nature07761. PMC 2748841. PMID 19242475.
  10. Olanow, CW; Brundin, P (Januarie 2013). "Parkinson's disease and alpha synuclein: is Parkinson's disease a prion-like disorder?". Movement Disorders. 28 (1): 31–40. doi:10.1002/mds.25373. PMID 23390095.
  11. Goedert, M (7 Augustus 2015). "Neurodegeneration: Alzheimer's and Parkinson's diseases: The prion concept in relation to assembled Aβ, tau, and α-synuclein". Science. 349 (6248): 1255555. doi:10.1126/science.1255555. PMID 26250687.
  12. Shynrye Lee; Hyung-Jun Kim (17 Desember 2014). "Prion-like Mechanism in Amyotrophic Lateral Sclerosis: are Protein Aggregates the Key?". Experimental Neurobiology. 24 (1): 1–7. doi:10.5607/en.2015.24.1.1. PMC 4363329. PMID 25792864.
  13. Li J, Browning S, Mahal SP, Oelschlegel AM, Weissmann C (Februarie 2010). "Darwinian evolution of prions in cell culture". Science. 327 (5967): 869–72. Bibcode:2010Sci...327..869L. doi:10.1126/science.1183218. PMC 2848070. PMID 20044542. {{cite journal}}: Onbekende parameter |lay-url= geïgnoreer (hulp); Onbekende parameter |laydate= geïgnoreer (hulp); Onbekende parameter |laysource= geïgnoreer (hulp)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search